book-icon Uitgawe Desember 2021-Januarie 2022

Groenslaai met beet en pistasiepralien

akkreditasie

1 Begin met die pralien: Plaas ’n vel bakpapier op ’n bakplaat en sprei die neute en pampoenpitte in ’n enkellaag daarop uit. Roer die suiker in ’n klein kastrol oor matige hitte by die water. Sodra dit opgelos het, kan jy die water tot kookpunt bring sonder om verder te roer sodat ’n mooi goudkleurige karamel vorm. Giet die warm karamel dadelik oor die neute. Kantel die bakplaat heen en weer sodat die karamel ’n dun lagie vorm. Pasop vir brand! Laat die pralien staan om te verhard en af te koel.

2 Klits al die slaaisousbestanddele saam, proe en maak seker dit is na  jou smaak. Skep in ’n bakkie en hou eenkant.

3 Om voor te sit Meng die blare, peulertjies en ertjies saam en skep in ’n mooi slaaibak. Rangskik nou die beet en avokadostukkies bo-op. Moenie te veel daaraan karring nie; die beet gaan alles pienk kleur.  Kap die pralien in stukkies en strooi mildelik bo-oor. Stip laastens ’n paar lepels van die slaaisous oraloor en jy is reg vir voorsit. Hou die ekstra pralien en slaaisous byderhand – almal gaan nog ’n proeseltjie wil hê!

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan