Groenvyepoeding

akkreditasie
Gevaarlik soet met ‘n skeut soetwyn… sal jy hierdie poeding maak?


Vir 6 | Voorbereityd 5 minute | Baktyd 45 minute

Jy benodig

• 200 g groenvyekonfytstukke
• ½ koppie (125 g) botter
• ½ koppie bruinsuiker
• 2 eiers, geklits
• 1½ koppie (180 g) koekmeelblom
• 1 teelepel bakpoeier
• 1 teelepel sout
• 1 teelepel koeksoda
• 1 koppie melk
• ½ koppie okkerneute, gekap (opsioneel)
Vir die stroop
• 1 koppie water
• ½ koppie groenvyekonfytstroop
Vir die sous
• 1 koppie soetwyn
• 1 eetlepel groenvyekonfytstroop.


Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Dreineer die groenvye uit die stroop en hou die stroop eenkant. Kap die vye fyn. (As jy dit heel los, is dit te swaar en sak af in die beslag.)
2. Verroom die botter en die suiker, voeg dan die eiers daarby en klits dit goed.
3. Voeg die meel, bakpoeier en sout by. 
4. Los die koeksoda op in die melk en roer goed deur die meelmengsel.
5. Vou die gekapte vye met 2 eetlepels van die groenvyestroop en die neute deur die beslag.
6. Kook die bestanddele vir die stroop saam in ’n platboompotjie of gooi dit in ’n oondbak. Skep die beslag in die warm stroop en plaas dit in die oond. Bak dit vir 45 minute totdat dit goudbruin en gaar is.
7. Maak die bestanddele vir die sous warm, maar moet dit nie laat kook nie (anders verdamp die alkohol!). Skink dit oor die poeding wanneer dit uit die oond kom. Sit voor met vla.