Hawermoutpannekoek

akkreditasie

Lewer 60 pannekoekies | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 10 minute

Een keer se moeite sorg vir ’n week se spoggerige ontbyte. Bêre die mengsel in die yskas en voeg net elke oggend ’n eier en ’n koppie melk by die bietjie wat jy wil gebruik – dis so maklik soos roereier maak!

Sit die pannekoekies warm voor met heuning of karamel. Soutige vulsels soos roomkaas en gerookte salm smaak ook lekker.

Jy benodig

VIR DIE BÊREMENGSEL (lewer 10 koppies)

• 2½ koppies gerolde hawermout (die gewone soort en nié kitshawermout nie)
• 3 koppies volgraanmeel
• 2½ koppies broodmeel
• ¼ koppie ligtebruinsuiker
• 1 eetlepel koeksoda
• 1 eetlepel bakpoeier
• 1 eetlepel growwe sout
• 1 koppie olyfolie

VIR ’N BAKSEL (lewer 6-8 pannekoekies)

• 1 koppie pannekoekbêremengsel
• 1 koppie karringmelk (gewone jogurt of melk werk ook)
• 1 groot eier
• botter vir braai

Só maak jy

1. Maak die bêremengsel Pols die hawermout in ’n voedselverwerker fyn en gooi dit saam met die res van die droë bestanddele in ’n elektriese menger met ’n K-haak. Skakel die menger aan en skink die olyfolie stadig in ’n dun straaltjie by totdat dit heeltemal gemeng is.

2. Bêre die mengsel in ’n lugdigte houer of Ziploc-sakkies. Buite die yskas sal dit vir 3 weke goed hou,  en verkoel selfs tot 6 weke. Óf vries die mengsel in koppiegrootte porsies om te gebruik soos nodig.

3. Bak die pannekoek Meng die droë mengsel, karringmelk en eier saam. (Gooi ’n ekstra knippie sout by indien jy ’n soutiger pannekoek verkies.) Laat staan die deeg vir 5 minute om ’n bietjie te verdik – indien jy dit met gewone melk maak, moet jy dit vir 10 minute laat staan.

4. Smelt ’n klontjie botter in ’n pan en skep twee eetlepels van die mengsel per pannekoekie daarin. Braai dit tot goudbruin aan die onderkant voordat jy die pannekoek omdop en die ander kant ook vinnig ’n kleurtjie gee.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan