Jalapeño popper-broodjie

akkreditasie
Al die genot van ’n jalapeno-popper, tussen twee sny bros brood.

Vir 2 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 5 minute

Jy benodig

  • ½ wiel fetakaas
  • handvol mozzarella kaas gerasper
  • 2 teelepels roomkaas
  • 1 teelepel sriracha of ander rissiesous
  • 1 jalapeno-rissie, in skyfies gesny
  • 4 snye brood, gebotter

So maak jy

1. Meng die feta, mozzarella, roomkaas en sriracha-sous.

2. Skep op 2 snye brood en plaas onder ’n warm oondrooster vir 5 minute tot die kaas borrel. Of maak ’n toebroodjie met die vulsel en ongeroosterde brood en braai in ’n pan of jafflerooster tot goudbruin.