book-icon Uitgawe Februarie 2019

Kampbone met spek

akkreditasie
Foto: Michelle Parkin
Foto: Michelle Parkin
Hierdie maklike bonegereg is baie lekkerder as die geblikte soort, en as jy alles in die pot gegooi het, kan jy daarvan vergeet.

Régte spek en boontjies

Jy benodig

(genoeg vir 6)

  • 2 eetlepels olie
  • 250 g gerookte spek
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies
  • 1 blik (400 g) gekapte tamatie
  • 2 eetlepels donker bruinsuiker
  • 2 eetlepels melasse
  • 3 eetlepels worcestersous
  • 4 blikkies (410 g elk) cannellinibone, gedreineer
  • 2 koppies water
  • 1 lourierblaar
  • ’n knippie sout en swartpeper na smaak

Só maak jy

1. Verhit die olie in ’n platboomswartpot met ’n deksel wat styf pas. Braai die spek, ui en knoffel vir omtrent 5 minute daarin tot dit sag en geurig is.

2. Gooi die res van die bestanddele in die pot en roer alles deur. Sit foelie oor die pot, gevolg deur die deksel. Prut die pot vir ongeveer 1½ uur oor matige warm kole – sit ook een of twee kole op die deksel.

3. Haal die deksel af. Kook die bone dan oop vir nog 30 minute sodat die sous kan afkook. Die pot is reg as die sous lekker dik en die bone geurig en smaaklik is.

Weg Ry & Sleep sê
Verhit die volgende dag vir ontbyt die bone wat oorgebly het in ’n pan. Breek eiers daarin en kook dit tot die eier gaar is volgens jou smaak. Sit dit voor met roosterkoek.