
Heerlike salsa
Hou die salsa verseël in die yskas vir tot 1 week en gebruik vir enige gebraaide vleis of vis.
Jy benodig
- 1 groot hand vol pietersielie, fyngekap
- 1 klein hand vol mentblare, fyngekap
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- ½ rooi rissie, fyngekap
- 2 eetlepels kappertjiesaad, grofgekap
- ½ suurlemoen se sap
- olyfolie vir meng
Só maak jy
1. Meng al die bestanddele vir die salsa goed saam en voeg net genoeg olyfolie by sodat dit maklik geskep kan word.