book-icon Uitgawe Oktober 2019

Marmite-en-kaas-vetkoekies

akkreditasie
Voer die Marmite vs. Bovril-debat na hartelus om die kampvuur terwyl almal aan dié soutige lekkerny weglê!

FOTO'S: Ed O'Riley

Maak sowat 24 happies

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Oondtemperatuur: 180 ºC

Jy benodig

• 1½ koppie bruismeel

• 2 teelepels bakpoeier

• ’n groot knypie elk sout en paprika

• 2 eiers, geklits

• ¾ koppie melk

• 1 koppie fyngerasperde beleë cheddarkaas

• olie vir diepbraai

• sowat 2 eetlepels botter

• 1 eetlepel Marmite (of na smaak)

Só maak jy

1. Meng die meel, bakpoeier, sout en paprika in ’n bak. Klits die eiers en melk in ’n aparte bak saam en roer dit dan by die droë bestanddele in saam met die helfte van die kaas. Meng dit met ’n vurk totdat jy ’n dik, gladde beslag het.

2. Verhit sowat 2 cm olie in ’n diep pan (maar moenie dit te warm maak nie, anders brand die vetkoeke voordat dit deurgebak is). Braai teelepels vol van die beslag in die olie tot dit goudbruin en deurgaar is. Werk in sarsies en dreineer die gaar happies op kombuispapier.

3. Smelt die botter en Marmite saam, drup dit oor die vetkoekies en sprinkel dan die oorblywende kaas oor. Of gebruik die Marmitebotter as ’n doopsous.

WENK: Stroperige groenvye en fyn biltong pleks van die Marmite-botter is ook lekker