Deel

Romerige kraakslaai

akkreditasie
Heerlike slaai!
Heerlike slaai!
Rond die slaai net voor etenstyd af met neute en kaas.

Jy benodig

  • 2 kraakvars appels (Granny Smith of Pink Lady werk goed)
  • 1 vinkelbol, loof verwyder
  • 1 suurlemoen se sap
  • 2 koppies slaaiblare
  • 1 selderystingel, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • ½ koppie suurroom
  • swartpeper, na smaak
  • hand vol parmesaankaas of gruyère, gerasper
  • 1/3 koppie haselneute, gerooster en gekap

Só maak jy

1. Sny die appel en vinkel in blokkies en plaas dit in ’n bak water. Druk die helfte van die suurlemoen se sap daaroor uit – dit sal help dat die appel nie bruin word nie.

2. Sny die slaaiblare in repies en plaas dit in ’n bak met die seldery. Dreineer die appels en vinkel en voeg dit by die slaaibak.

3. Meng die knoffel, suurroom en swartpeper met sowat 2-3 eetlepels suurlemoensap. As jy dit nog losser wil maak, meng ’n paar eetlepels van die appels se water ook daarby in. Drup dit oor die slaai of sit apart voor in ’n bakkie.

4. Sprinkel die parmesaankaas en die haselneute bo-oor net voor etenstyd.