Deel

Kampvuurgroente

akkreditasie

1 Meng die aartappels, olie, rissie, gemengde kruie, soetrissie en botterskorsieblokkies in ’n groot foeliebak en geur dit behoorlik met sout en peper.

2 Stip die groente met die botter en maak die bak behoorlik toe met foelie – reg om te braai! Krap die kole oop en sit die bak op ’n skoongekrapte braai­bodem met matige kole rondom gepak. Braai dit vir ongeveer 20 minute; skud die bak in dié tyd ’n paar keer om seker te maak die groente braai eweredig. Laat staan dit vir vyf minute en toets die groente – pasop vir die stoom! Sodra die groente heerlik sag en gebraai is, stip dit sommer met nog ’n klont botter, strooi die bros uievlokkies oor en lê weg.


Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan