Karamel-en-piesang-braaipasteitjies

akkreditasie
Dié resep is vir agt pasteitjies, maar dis nie genoeg vir agt mense nie – íémand gaan ’n tweede een wil hê...

Jy benodig (genoeg vir 4) 

  • 1 vel skilferkorsdeeg
  • 1-2 piesangs, in wieletjies gesny
  • 1 blik (360 g) karamel
  • 1 plak (80 g) melksjokolade

Só maak jy

Sny die skilferkorsdeeg in 8 ewe groot vierkante. Sit ’n eetlepel karamel, 2-3 piesangskyfies en 1 blokkie sjokolade op die een helfte van elke vierkant en vou die ander helfte bo-oor.

Knyp die kante van die pasteitjies goed toe – ’n vurk werk goed.

Braai die pasteitjies vir sowat 5 minute aan elke kant oor matige kole.

Ry & Sleep sê: En jy’t gedink jy kan nie lekker poeding op die rooster maak nie...