Kits-piesangroomys

akkreditasie
Foto: Myburgh du Plessis
Foto: Myburgh du Plessis
Myburgh du Plessis
Poeding in ’n kits! Het jy al ooit só ’n “roomys” geëet?

Vir 4

Voorbereityd 5 minute

Gaarmaaktyd 5 minute

Jy benodig

  • 4 piesangs, geskil
  • 100 g gesmelte sjokolade
  • gekapte neute en fudgestukkies

Só maak jy

Druk ’n sosatiestokkie in elke geskilde piesang. Sit dit in die vrieskas totdat die piesang hard is. 

Smelt die sjokolade en doop die bevrore piesang daarin. Sprinkel neute en fudgestukkies oor.