1 Kook die aartappels in soutwater tot gaar. Dreineer en laat dit afkoel tot jy daarmee kan werk met jou hande. Trek dan die skilletjies af en breek die aartappel in groterige stukke.
2 Klits die mayonnayse saam met genoeg melk om dit vloeibaar te kry. Geur die mengsel met die knoffel en kruie, en voeg dan sout, peper en suiker na smaak by. Giet die sous dadelik oor die warm aartappels.
3 Meng die agurkie en ui ook deur die slaai en skep dit in ’n mooi bord. Sny die eiers kleiner – jy kan dit ook oor rasper – en rangskik dit bo-op die slaai. Sprinkel laaste die rooipeper oor en die slaai is reg vir opskep.