Koejawelpiekel in die mikrogolfoond

akkreditasie
Foto: Ed O’Riley
Foto: Ed O’Riley

1. Sny die koejawels middeldeur en skep die pitte met ’n teelepel uit. (Die skil bly aan – daarom is dit belangrik om vrugte sonder kneusplekke te kies.)

2. Plaas al die ander bestanddele saam in ’n diep mikrogolfvaste bak en kook dit vir 10 minute op Hoog om ’n stroop te kry – roer die mengsel elke 2 minute.

3. Skep die koejawelhalwes in die stroop en mikrogolf die mengsel vir 8 minute op Hoog (roer dit weer elke 2 minute). Hou die vrugte dop – afhangende van hoe sag hulle is, haal ek dit soms vroeër uit óf mikrogolf dit vir nog 2 minute. Ek hou daarvan as die vrugte hulle vorm behou: Die vleis moet sag wees, maar nie pap nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan