Vir 6 | Voorbereityd 20 minute | Gaarmaaktyd 3 uur
1. Voorverhit die oond tot 160 ºC. Pols die olyfolie, komyn, knoffel, roosmaryn, rissie en sout saam tot ’n dik smeer en vryf die vleis daarmee in. Laat dit, indien moontlik, oornag in die yskas marineer; andersins kan jy dit net so gebruik.
2. Verhit ’n swaarboompot en braai die vleis tot mooi bruin en hou dit eenkant. Voeg nog olyfolie by die pot en braai die ui, seldery, komyn, koljander en paprika daarin tot geurig.