Lamskruisskyf met kruie

akkreditasie
Lamskruisskyf met kruie. Foto: Ed O'Riley
Lamskruisskyf met kruie. Foto: Ed O'Riley

1. Meng die vleis met die brandrissie, olie en sojasous en rasper die lemmetjieskil oor. Laat staan dit teen kamertemperatuur vir sowat 1 uur om te marineer, en draai die vleis so dan en wan om in die sous.

2. Klad die vleis liggies droog met kombuispapier – dit keer dat die vleis stoom eerder as braai of dat die sous brand. Verhit ’n gietysterpan tot lekker warm en braai die steaks tot dit oraloor goudbruin is met ’n lekker bros vetjie, so gaar soos jy daarvan hou. Jy kan dit natuurlik ook oor die kole braai.

3. Druk die sap van die lemmetjies by die braaibakmarinade uit en verhit dit vir ’n paar minute op die plaat of oor die kole. Roer die kruie en sprietuie by die warm sous en sit die gebraaide vleis in die sous om te rus voor jy dit bedien. Onthou om dit aan tafel met seesout te geur.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan