Lamsribrol met eiervrug

akkreditasie
Foto: Ed O’Riley
Foto: Ed O’Riley

1 Sit die rib met die vetkant na onder op ’n skoon snyplank en vryf dit oraloor met die asyn, koljander, sout en peper in. Druk die worsvleis uit die derm en sit dit in die lengte van die rib in die middel. Vou nou die rib sorgvuldig oor die worsvulsel en bind dit met toutjies vas om ’n netjiese rol te vorm.

2 Braai die lamsrol vinnig oor warm kole sodat die vleis net eers ’n kleurtjie kan kry. Skuif die rooster dan hoër en braai dit vir nog sowat ’n uur stadig totdat die vleis sag en die vetlagie bros is. (Des te beter as jy ’n rotisseriemandjie het – dis die perfekte manier om só ’n snit te braai omdat jy die vleis nie heeltyd hoef dop te hou nie. Alternatiewelik kan jy die rol ook met min moeite stadig in ’n ketelbraai gaarmaak.)

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan