
Ontspan, dié pastei se deeg koop jy en die res van die resep is vinnig.
Jy benodig (Vir 4)
• 1 groen soetrissie, in blokkies gesny
• 500g maalvleis
• 150ml bier
• 2 teelepels Worcestershiresous
• 2 eetlepels Bistopoeier, opgelos in ’n bietjie water
• 1 rolletjie (400 g) skilferkorsdeeg, ontdooi
• 1 koppie beleë cheddarkaas, gerasper
• 6 eetlepels Italiaanse pietersielie, gekap
• 1 eetlepel tiemie, gekap
• 1 eier, geklits
Só maak jy
1. Verhit olyfolie in ’n pan en braai die sampioene en soetrissie tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar.
2. Voeg die bier, Worcestershiresous en Bisto-oplossing by en prut vir 20 minute. Proe en geur na smaak met sout en peper. Skep die vleismengsel in ’n oondbak en laat dit heeltemal afkoel.
3. Voorverhit die oond tot 200 °C. Rol die skilferkorsdeeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Strooi die kaas, 2 eetlepels van die pietersielie en tiemie oor en rol dit weer op. Sny dit met ’n riffeltandmes in skywe van 1,5cm en rangskik die wiele op die afgekoelde vleis (dit moet heeltemal afgekoel wees).
4. Verf die deeg met die eier waarby jy ’n bietjie melk geklits het, want dit gee ’n mooi goudbruin kleur. Bak die pastei vir 20 minute of totdat die deeg uitgerys en gaar is. Sprinkel die res van die pietersielie bo-oor. Al wat jy nou moet bysit, is ’n slaai en nog bier, natuurlik!