book-icon Uitgawe Februarie-Maart 2022
Deel

RESEP | Maalvleis-enchiladas

akkreditasie

1 Verhit die olie in ’n swaarboompan en braai die maalvleis tot mooi bruin. Breek die klonte deurgaans met ’n roerspaan om die korrels klein te hou. Voeg die ui en knoffel by en braai vir nog ’n paar minute. Voeg die tamatiepasta, bone en speserye by en braai vir 10 minute terwyl jy intussen die sous maak.

2 Smelt die botter in ’n kastrolletjie en klits die meel daarby in. Braai die roux vir ’n paar minute tot skuimerig. Klits nou die melk en aftreksel in ’n dun straaltjie by – dit keer dat die sous klonte vorm. Verhit tot kookpunt en laat dit vir ’n paar minute prut. Hou aan met klits totdat die sous dik is. Verwyder van hitte en klits die suurroom by.

3 Voorverhit die oond se rooster-element. Smeer ’n groot oondvaste bak met ’n bietjie olie en skep ’n derde van die sous in ’n eweredige laag in. Verdeel die maalvleisvulsel tussen die tortillas, rol elkeen styf toe en rangskik hulle met die naatkante na onder in ’n enkellaag bo-op die sous.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan