book-icon Uitgawe Februarie 2020
Deel

RESEP | Maalvleiswiele

akkreditasie
Foto: Ed O’Riley
Foto: Ed O’Riley
Maak dié heerlike padkos vir die langpad – dis heerlik om warm én teen kamertemperatuur te eet (en niemand sal ooit kan droom jy het oorskietvleis gebruik nie!).

Laat wiel, Pappa!

Jy benodig

(maak sowat 10 wiele )

  • 1 rol (400 g) blaardeeg, ontdooi
  • 1½ koppie gaar maalvleis (oorskietbolognese of -roerbraai werk uitstekend)
  • 200 g spekstukkies, bros gebraai
  • ½ koppie gladde maaskaas
  • 1-2 koppies gerasperde mozzarella

Só maak jy

1. Verhit die oond tot 180 ºC. Rol die vel blaardeeg op ’n skoon oppervlak uit en smeer die maaskas van hoek tot kant daaroor – werk vinnig, want blaardeeg moet koud bly vir die beste resultate. Sprinkel die maalvleis en spek in ’n eweredige laag oor die maaskaas, gevolg deur die mozzarella.

2. Rol nou versigtig die deeg saam met die vulsel op om ’n stywe wors te vorm.

3. Sny die rol met ’n skerp mes in skywe van 1½ cm en pak hulle op ’n gesmeerde bakplaat. Bak dit vir 15-20 minute of tot gaar en mooi uitgerys.

Ry & Sleep sê
As jy die blaardeeg in die helfte toevou pleks daarvan om dit op te rol, maak jy ’n allemintige braai-pie wat jy in ’n toeknyprooster oor die kole kan braai.