Deel

Maklike salmslaai

akkreditasie
'n Kleurvolle en geurvolle slaai, perfek vir die somer! Sonder die vis is die slaai ook ’n heerlike bykos saam met ’n braai.

Vir 4

Voorbereityd 5 minute

Gaarmaaktyd 10 minute

Jy benodig

  • 10 baba-aartappels
  • 2 repies spek
  • 2 eiers
  • 1 pak slaaiblare
  • ½ rooiui, in dun ringe gesny
  • 1 koppie ertjies, gestoom
  • 250 g warm gerookte salm (of gebruik geblikte salm)
  • 1 avokadopeer

Vir die marinade

  • ¼ koppie olyfolie
  • 3 eetlepels rooiwynasyn
  • 1 teelepel sjerrie of suiker
  • 1 teelepel Engelse mosterd
  • gemaalde swartpeper na smaak
  • ½ teelepel sout

Só maak jy

1 Gooi al die bestanddele vir die marinade in ’n fles en skud dit goed of pols dit in ’n voedselverwerker. Hou die mengsel eenkant.

2 Kook die aartappels vir ongeveer 10 minute of tot sag. Dreineer die aartappels, sny elkeen middeldeur en gooi die marinade dadelik daaroor, terwyl dit nog warm is.

3 Braai die spekrepies in ’n pan tot baie bros.

4 Kook die eiers vir 6 minute in kokende water en dompel dit onmiddellik in yswater sodat dit heeltemal afkoel.

5 Rangskik die slaaiblare in ’n bak. Skep die aartappels uit die marinade en rangskik dit saam met die uieringe bo-op die blare. Gooi die ertjies oor en vlok dan die vis oor die slaai. Rangskik skyfies  avokadopeer bo-op die slaai en sny die gekookte eiers middeldeur.

6 Krummel laastens die bros spek oor die slaai en gooi dan die oorblywende marinade oor.

Wenk
Sonder die vis is die slaai ’n heerlike bykos saam met ’n braai. As ’n variasie kan jy die aartappels met croutons vervang.