
Genoeg vir 6 | Voorbereityd 30 minute | Gaarmaaktyd 20 minute
Jy benodig
• 500 g skoongemaakte witvisfilette, ontdooi
• 2 koppies visaftreksel
• ’n knippie saffraandrade
• 150 g gaar garnale, ontdooi
• sout en peper na smaak
• 2 uie, gekap
• 1 vinkelbol, gekap
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 teelepel komynsaadjies
• 2 eetlepels olyfolie
• 200 g spinasie, gekap
• 6 groen olywe, ontpit
• ’n hand vol dennepitte of amandelvlokkies, gerooster
• 4 eetlepels botter
• 4 eetlepels meel
• 1 suurlemoen
• 4 velle filodeeg
• gesmelte botter, ekstra
Só maak jy
1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Posjeer die vis liggies in die aftreksel vir 5 minute (dit sal verder gaar bak). Skep dit uit en hou eenkant. Voeg die saffraan by die warm aftreksel en laat dit staan. Sny die vis in groterige stukke. Verwyder die dop en stert van die garnale indien nodig en plaas saam in ’n groot bak. Geur na smaak met sout en peper.
2. Soteer die uie, vinkel, knoffel en komyn in die olyfolie tot sag. Voeg die spinasie by en roerbraai totdat dit verwelk het. Roer die olywe en neute deur. Proe, en geur na smaak met sout.
3. Smelt die botter in ’n kastrol, roer die meel daarby in en klits ’n koppie van die visaftreksel geleidelik daarby tot ’n dik sous vorm. Bring tot kookpunt en laat vir 5 minute prut. Geur dan die sous na smaak met sout en peper. (Die saffraansous moet die tekstuur van ’n dik kaassous hê – verdun met nog aftreksel of water indien nodig.)
4. Kombineer die spinasiemengsel en saffraansous met die vismengsel en roer dit goed deur. Skep dit uit in ’n pasteibak, rasper die suurlemoen se skil bo-oor en druk ook ’n bietjie van die sap bo-oor uit.
5. Smeer 4 velle filodeeg deeglik met gesmelte botter. Frommel elke vel effens of en rangskik dit bo-op die pastei om mooi tekstuur en hoogte te verkry. Bak die pastei vir 20 minute tot goudbruin.