1 Braai die ui stadig in 4 eetlepels van die olyfolie tot liggies gekaramelliseer.
2 Roer nou die speserye, rissie-poeier, knoffel en gemmer by en braai vir 1 minuut. Roer die vleis daarby in, meng goed deur en braai nog ’n bietjie. Dit hoef nie bruin te braai nie.
3 Roer dan 1 eetlepel van die asyn saam met die konfyt en ’n skeutjie water by, sit die deksel op en laat stowe vir 45 minute tot 1 uur. Roer af en toe, hou die hitte laag en roer 'n eetlepel of twee water by as dit lyk asof die sous te min word. Die vleis moet doeksag wees en die sousie pikant.