Milo-koekies

akkreditasie
Dié koekies het ’n heerlike, krakerige moutsmaak.

Vir 180 koekies

Jy benodig

  • 1½ koppie witsuiker
  • 1½ koppie bruinsuiker
  • 3 eiers
  • 375 g margarien of botter
  • 3¾ koppie bruismeel
  • 1½ koppie Milo
  • 1½ koppie sjokoladesplinters (“chocolate chips”)
  • 1 teelepel vanieljegeursel

Só maak jy

1 Klits die wit- en bruinsuiker saam met die eiers.

2 Voeg die margarien of botter by en meng dit goed.

3 Voeg nou die bruismeel, Milo en sjokoladesplinters by en meng dit goed. Gooi die vanieljegeursel by en roer die deeg totdat dit goed deurgemeng en sag is. Laat dit vir 10 minute staan.

4 Skep baie klein skeppies van die deegbeslag op ’n gesmeerde, gevoerde bakplaat (dié koekies bak plat) en bak dit vir 10-15 minute in ’n oond van 180 ºC. Laat die koekies vir 15 minute staan voordat jy dit van die plaat af skep en in blikke pak.

Weg sê: Bros buite, klam en amper toffierig – én Milo-rig! – binne. Beter kan jy nie in jou koffie doop nie. Maklik en heerlik.