Nutella-brownies

akkreditasie
Maak hierdie maklike poeding vanaand met Nutella. Bedien warm soos ’n poeding met roomys. Of laat dit afkoel en sny in kleiner stukkies en eet as brownies.

Vir 6 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 30 minute

Jy benodig:

  • 1 fles (350 g) Nutella
  • 2 eiers
  • 10 eetlepels meel

So maak jy:

1. Voer ’n 20 x 20 cm-bak uit met bakpapier en voorverhit die oond tot 180 °C.

2. Meng die bestanddele deeglik en skraap die mengsel uit in die bak.

3. Laat bak vir 20 minute. Hou die oond toe en verlaag die temperatuur na 160 °C. Bak die brownie verder vir nog 10-15 minute. Dit is reg as die brownie net-net gestol het in die middel, maar steeds klam is. Bedien warm soos ‘n poeding met roomys. Of laat dit afkoel en sny in kleiner stukkies en eet as brownies.