Een aand het ek die voorreg gehad om saam met die Italianers pizza te maak, en dié pizza was die nagereg.
1. Meng die meel, gis, suiker en sout goed saam. Roer die louwarm water en olyfolie daarby. Knie die deeg vir 10 minute totdat die deeg glad en elasties is. Plaas die deegbol in ’n gesmeerde bak, bedek met plastiek en laat dit eenkant om in volume te verdubbel. Knie die deeg af en plaas oornag in die yskas of gaan voort met die resep.
2. Verdeel die deeg in 4 klein bolle en rol dit dun uit met ’n wynbottel op ’n meelbestrooide oppervlak. Bedek losweg met plastiek.