Oosterse varktjops

akkreditasie
Belê in ’n bottel hoisinsous, oftewel Chinese braaisous, vir jou vakansiespens. Dit gee enige vleis geur.

Jy benodig (Vir 4)

  • 1/3 koppie hoisinsous
  • 2 eetlepels sojasous
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 1 eetlepel heuning
  • 1 eetlepel vars gemmer, gerasper
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 4-6 varktjops met die vet, vel verwyder

Só maak jy

1 Meng al die bestanddele saam en marineer die varktjops daarin vir 30 minute of langer.

2 Braai die tjops oor matige warm kole (3-4 minute per kant) of in ’n pan wat rokend warm is. Sit dit voor met ’n krakerige koolslaai.