
Vir 6 | Voorbereityd 30 minute | Baktyd 20 minute
Jy benodig
- 2 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- ½ teelepel sout
- 1 teelepel fyn kaneel
- ¼ koppie suiker
- ¼ koppie koue botter, in blokkies gesny
- 80 ml karringmelk
- 1 koppie (500 g) gaar botterskorsie, fyngedruk
- ½ koppie rou botterskorsie, fyngerasper
- 250 g strepiespek, in blokkies gekap
- ¾ koppie esdoringstroop of taai bruinsuiker
- 4 eetlepels botter
Só maak jy
1 Smeer ’n vierkantige of ronde potjie van 20 cm in deursnee met botter of spuit dit goed met kleefwerende sproei. Kry ’n laag kole gereed of voorverhit die oond tot 220 °C.
2 Meng die droë bestanddele saam en sny dan die botter daarby in tot die mengsel soos growwe broodkrummels lyk. Roer die karringmelk en gaar botterskorsie daardeur tot net-net gemeng,en vou dan die gerasperde botterskorsie daarby in
3 Sprinkel die spek, stroop en botter op die bodem van die pan en skep dan die beslag daaroor.
4 Sit die pot oop in ’n baie warm ketelbraai met die deksel op óf op ’n braaidriehoek oor warm kole met die deksel op (skep ’n paar kole bo-op). Die brood behoort ná 15-20 minute gaar te wees. Keer dit dadelik op ’n bord uit en eet dit warm. (Jy kan dit ook vir dieselfde tyd oop in ’n oond van 220 °C bak.)