Pampoenkoekies

akkreditasie
Met kaneelsuiker of stroop is hierdie pampoenkoekies omtrent net so gewild soos pannekoek en poeding.


Jy benodig

(maak 30 koekies)

• 2 koppies (500 ml) gaar pampoen sonder enige oortollige water

• 1 koppie (250 ml) bruismeel 

• 1 teelepel (5 ml) bakpoeier

• ’n knippie sout 

• 2 eetlepels (30 ml) gesmelte botter

• 1 eier

• 1 eetlepel (15 ml) suiker 

• ’n bietjie ekstra melk indien nodig

• olie vir braai

• kaneelsuiker, stroop of heuning om oor te drup

Só maak jy

1. Meng die pampoen, bruismeel, bakpoeier, sout, botter, eier en suiker goed saam. Jy kan die beslag met ’n bietjie melk glad maak as dit te styf is.

2. Verhit 2 eetlepels (30 ml) olie in ’n pan en skep eetlepels van die beslag in die olie. Braai die koekies goudbruin aan die een kant, draai hulle om en braai die ander kant ook bruin. 

3. Sit die koekies voor met kaneelsuiker, stroop of heuning bo-oor gedrup.

Weg Ry & Sleep sê: Moenie die pan te warm laat word nie, want dan gaan jou pampoenkoekies buiteom brand en in die middel rou wees.