Pampoenspiraal

akkreditasie

1. Smelt die botter saam met die salieblare tot die botter ligbruin van kleur en die blare bros is. Hou dit eenkant.

2. Druk die gaar pampoen fyn met ’n vurk tot ’n growwe kapok. Meng die meel, suiker en eier by en hou dit dan reg.

3. Sit twee velle filodeeg langs mekaar neer sodat die kort kante effens oorvleuel om ’n lang strook te vorm. Verf dit oraloor met die saliebotter. Skep die helfte van die pampoenvulsel in ’n dun strook sowat 5 cm van die onderkant van die strook deeg af in die lengte. Rol nou die deeg oor die pampoenvulsel op om ’n lang sigaar te maak. Rol dit styf toe, maar pasop dat die deeg oopbars.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan