
Lewer 12 porsies
Voorbereityd 15 minute
Gaarmaaktyd 25 minute
Jy benodig
• 2 pakke (280 g elk) bevrore spinasie, ontdooi
• 180 g roomkaas
• 155 ml room
• 6 groot eiers
• 1 koppie cheddar, gerasper
• 50 g parmesaan, gerasper
• 8 stingeluie, gekap
• 1 eetlepel growwe sout
• ½ teelepel gemaalde swartpeper
Só maak jy
1 Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n 22 x 33 cm-koekiepan met olie. Neem hande vol van die ontdooide spinasie en pers die water daaruit.
2 Klits die roomkaas tot sag. Voeg dan die room en eiers by en meng dit goed deur. Meng die spinasie en die res van die bestanddele by die roomkaas in en skraap die mengsel uit in die koekiepan.
3 Bak dit vir 25 minute en laat die quiche vir ten minste 10 minute afkoel voordat jy dit in blokke sny.