book-icon Uitgawe September 2018
Deel

RESEP | Paptert met mielies, spek en jalapeño

akkreditasie

Foto Michelle Parkin - Kosassistent Tani Kirsten
Foto Michelle Parkin - Kosassistent Tani Kirsten
Die mielies en spek vorm ’n baie geurige kombinasie in dié heerlike tert.

As dit paptert reën…


Jy benodig

(genoeg vir 6-8)

  • 4 koppies water
  • 2 koppies mieliemeel
  • 1 blik (410 g) geroomde suikermielies
  • 2 eetlepels botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 200 g spek, gesnipper
  • 2-3 jalapeñorissies, in skyfies gesny
  • 1 koppie gerasperde kaas

Só maak jy

1 Verhit die water in ’n platboomswartpot tot kookpunt. Gooi die mieliemeel stadig by terwyl jy die water die heeltyd vinnig roer. Roer sout by en prut die pot dan stadig vir sowat 30 minute tot die pap gaar is. Roer die helfte van die suikermielies daarby in.

2 Smelt die botter in ’n ander pot en braai die ui daarin tot dit sag en mooi glansend is. Voeg die jalapeño’s by en braai dit vir nog 2 minute voor jy die spek byroer en die mengsel dan verder braai totdat dit gaar is. Roer die res van die suikermielies by dié mengsel in.

3 Skep die spekmengsel bo-oor die mieliepap en sprinkel dan die kaas daaroor. Sit die deksel op en verhit die pot stadig eenkant totdat die kaas gesmelt het.

Weg Ry & Sleep sê
As jy nie ’n breë platboompotjie het nie, krap die gaar pap uit in ’n diep blikbord en sprinkel die spekmengsel en kaas oor. Bedek dit met foelie en verhit die tert eenkant oor die rooster.