book-icon Uitgawe Encóre!

Peer-in-die-pot met karamelsous

akkreditasie
Ruvan Boshoff
Potjies is nie net vir bredies nie, jy kan ook ’n soet nagereg oor die kole maak.

Jy benodig

  • 1½ koppie bruismeel
  • ’n knypie sout
  • 1 teelepel koeksoda
  • ½ koppie suiker
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt
  • 2 eetlepels sagte botter
  • 2 groot eiers, geklits
  • ½ koppie melk
  • 6 pere

Vir die sous

  • ½ koppie water
  • 1 blik (410 g) ingedampte melk
  • 125 g botter
  • ½ koppie suiker
  • vla om voor te sit

Só maak jy

1 Sif die bruismeel, sout en koeksoda saam en voeg 125 ml (½ koppie) suiker by.

2 Verhit die appelkooskonfyt en botter tot die botter smelt. Voeg dit saam met die geklitste eier en melk by die droë bestanddele en meng alles goed. Skep dit in ’n gesmeerde potjie met ’n inhoudsmaat van minstens 2 liter en sit die deksel op.

3 Pak ’n paar kleinerige kole bo-op en bak dit vir 40-45 minute oor matige kole.

4 Verhit intussen al die sousbestanddele tot dit kook. Verlaag die hitte en prut dit vir 5 minute.

5 Gooi die sous versigtig oor die vuurwarm poeding. Verwyder die pot van die vuur en laat die sous intrek voor jy dit saam met vla bedien.

Ry & Sleep sê
Jy kan dié nagereg ook in die oond maak teen 180 °C.