Peri-Peri-Hoender

akkreditasie
As jy na die sandstrande van Mosambiek begin verlang, maar nie nou dadelik kan ry nie, maak maar peri-peri-hoender om die ergste verlange te stil.

Jy benodig

  • 12 tot 16 hoenderdye en/of -boudjies
  • sout en peper
  • hoenderspeserye

Vir die sous:

  • 3 uie, gekerf
  • 1 groen soetrissie, in blokkies gesny
  • 10 ml paprika
  • 5 ml cayennepeper (rooipeper)
  • 5 ml peri-peri-speserye
  • 10 ml droë pietersielie
  • 3 ml knoffelvlokkies
  • 5 ml sout
  • 10 ml tabascosous
  • 10 ml sojasous
  • 125 ml tamatiesous
  • 125 ml blatjang
  • 125 ml soetrissiesous
  • 60 ml wit asyn
  • 60 ml sonneblomolie

Só maak jy:

By die huis Berei die hoender en gooi sout, peper en hoenderspeserye na smaak oor. Pak in ’n marinadebak. Meng al die sousbestanddele en gooi dit oor die hoender. Roer deur en vries tot benodig.

In die bos Laat ontdooi die vleis betyds by die kampplek. Gooi in ’n swartboompot en kook oor matige hitte tot die hoender gaar is (sowat 60 tot 90 minute). Sit voor saam met rys of koring.

Wenk
Jy kan dit ook tuis in oondskottel bak word vir ongeveer 90 minute. Dis nie dan nodig om die vleis te marineer nie. Roer een maal om en haal die deksel die laaste 10 minute af om mooi kleur te kry.