
As dié vrugtige plaatkoekies te gesond klink, braai ’n paar repies spek by...
Vir 4 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 10 minute
Jy benodig
- 1 eier
- 1 koppie gewone jogurt
- ½ teelepel vanieljegeursel
- ¾ koppie koekmeel
- ¼ teelepel sout
- 1 teelepel bakpoeier
- ½ teelepel koeksoda
- 2 perskes
- botter vir braai
- room of jogurt om voor te sit
- ’n hand vol pekanneute
Só maak jy
1 Meng die eier, jogurt en vanielje saam in ’n mengbak. Sif die droë bestanddele by en roer alles saam. Sny die perskes in skywe.
2 Smelt ’n klontjie botter in ’n warm pan en skep 1-2 eetlepels van die beslag per koekie in die pan. Plaas ’n perskeskyfie bo-op elke koekie. Draai die koekie om wanneer die onderkant goudbruin is. Braai dit tot gaar en sit dit dadelik voor met pekanneute en ’n skeppie jogurt of room.