book-icon Uitgawe Oesbrood

Platbrood met druiwe

akkreditasie

Bak soos die Toskaners in Italië vir jou ’n platbrood en eet dit met geroosterde druiwe bo-op. 


Jy benodig (genoeg vir 6)

• 175 g bruismeel
• ½ teelepel sout 
• 1 bakkie (175 g) Griekse jogurt 
• ’n hand vol vars kruie, fyngekap – ons het salie, tiemie en pietersielie gebruik
• 40 g botter, gesmelt 
• 350 g rooi druiwe 
• 100 g bokmelkkaas
• ’n hand vol roket


Só maak jy

1. Meng die bruismeel, sout en jogurt in ’n groot mengbak saam. Keer die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak, knie dit vir 1 minuut en laat dit vir 15 minute eenkant staan.

2. Meng die kruie en botter in ’n klein bakkie saam en rooster die druiwe vir 5 minute liggies oor matige hitte in ’n braai- of riffelpan.

3. Rol die deeg tot ’n dikte van 3 mm uit. Braai die platbrood vir 5 minute aan ’n kant oor die kole of oor matige hitte in ’n pan tot dit goudbruin en gaar is. Verf dadelik die kruiebotter aan.

4. Sit die brood voor met die geroosterde druiwe, bokmelkkaas en roket bo-op.
 
WegSleep sê: Jy kan ook kreatief wees en jou eie bolaag vir dié platbrood bedink.


Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan