1 Verhit die olie in ’n boepens- of platboompot oor die kole en braai die ui en wortel saam tot geurig. Roer die vleis by en braai tot dit oraloor mooi goudbruin is.
2 Roer die tamatiepasta en knoffel by en gee die pot nog een laaste roer voor jy die wyn bygooi. Kook die pot vinnig tot die helfte van die wyn weggekook het. Geur dit met sout en peper, roer die origanum, lourierblare en aftreksel by en prut die potjie rustig vir 2-3 uur of tot die vleis sag is. Hoeveel tyd jy uiteindelik nodig het, word bepaal deur die hitte van die pot, die vleissnit en die kuieromgewing.
3 Gooi nog vloeistof by sodat die vleis bedek is en pak dan die groente bo-op die vleis. Sit die deksel terug met ’n paar kooltjies bo-op en laat dit vir nog ’n uur of wat stadig kook tot die groente sag is.