Oondtemperatuur 220 °C
1 Plaas die varkstuk, groente en lourierblaar in ’n pot waarin die vleisstuk knus pas en giet die gemmerbier oor. Vul die vloeistof met water aan totdat die vleis bedek is. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte tot ’n rustige prut, en laat dit vir 2 ure met die deksel op kook.
2 Haal die vleis uit die vloeistof en laat dit vir 20 minute (of tot koel genoeg om te hanteer) op ’n kapplank rus. Voorverhit intussen die oond.