RESEP | Gerooktesnoek-krokette

akkreditasie

1 Smelt die botter in ’n kastrol oor matige hitte en braai die sprietuie en knoffel vir ’n minuut tot geurig. Voeg die meel by en meng met ’n ballonklitser tot ’n dik roux vorm (dit moet byna soos growwe broodkrummels lyk). Verwyder van die hitte. Skink die melk bietjies-bietjies en hou aan roer met die ballonklitser totdat ’n gladde sous gevorm het. Sit die kastrol terug op die hitte en hou oor lae hitte aan met roer totdat die sous kook en nie meer na rou meel proe nie. Geur die dik  witsous met sout en peper en laat afkoel.

2 Roer die snoek, suurlemoenskil en pietersielie by en laat die mengsel vir 1 uur in die yskas rus. (Die mengsel vorm makliker bolletjies as dit koud is.)

3 Verdeel die mengsel in 16 ewe groot porsies en rol elkeen in ’n bolletjie. Rol dié dan in die broodkrummels, daarna in geklitste eier en laastens weer in die krummels. Druk elke kroket effens platter.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan