Deel

RESEP | Hoender met heuning en suurlemoen

akkreditasie
Christmas and January issue 2023. Photo: Shelley Christians. Styling Johane Nielson
Christmas and January issue 2023. Photo: Shelley Christians. Styling Johane Nielson

Oondtemperatuur 180 °C

1 Voorverhit die oond. Maak met ’n skerp mes 3 of 4 diep insnydings in elke hoenderporsie. Geur met sout en peper en braai in ’n pan tot oraloor goudbruin. (Jy kan – indien nodig – ’n skeutjie olyfolie by die pan voeg.) Rangskik die porsies in ’n diep oondbak, velkant na bo.

2 Klits die heuning, sojasous, suurlemoensap, gemmer en knoffel saam. Voeg die olyfolie, ui en tiemie by en bedrup die hoender oraloor daarmee. Voeg ’n bietjie warm water onder in die oondbak en bak dan die hoender vir 45 minute of tot sag en mooi bruin. Bedruip die hoender deurentyd. Garneer met die vars suurlemoenskyfies en sit voor met gestoomde rys om die heerlike pansous te geniet.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan