1 Smoor die uie in ’n bietjie water (sowat ½ koppie) tot dit begin sag word.
2 Sodra die uie droogkook, kan jy al die bestanddele buiten die mielieblom en die vleis daarby voeg en roer totdat die suiker opgelos is. Laat die sousie vir sowat 5 minute prut terwyl jy dit gereeld roer.
3 Meng die mielieblom met sowat 3 eetlepels water tot glad en roer dan deur die sous. Kook totdat die sous verdik. Verwyder van hitte en laat heeltemal afkoel.