book-icon Uitgawe Junie-Julie 2022

RESEP | Knoffel en-sojahoender

akkreditasie

1 Maak met ’n skerp mes diep insnydings in die boudjies, dytjies en borsies van die plathoender.

2 Meng die res van die bestanddele in die sagte botter en masseer die hoender oraloor daarmee – veral in die insnydings en onder die vel. As die tyd dit toelaat, marineer die hoender vir ’n uur of wat terwyl jy die vuur regkry vir braai.

3 Braai nou die hoender taamlik hoog bo matige kole. Dit sal so rondom 1 uur neem tot die hoender op die been gaar is. Vat jou tyd – jy wil nie hê die vel moet brand voor die vleis gaar is nie. Bedruip die hoender gereeld met enige oorblywende marinade in die bak. As jy ’n groot genoeg braaibakdeksel byderhand het, sit dit oor die hoender op die rooster om ’n oondeffek te skep – sodoende vang jy nóg meer geur vas. Die sojasous is reeds sout, maar ’n strooisel sout en swartpeper is ’n goeie idee ongeveer 5 minute voor jy die hoender van die kole afhaal. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan