1 Meng die meel, suiker en sout saam. Voeg die olyfolie en jogurt by en knie die mengsel tot ’n gladde deeg. Verdeel die deeg in 8 ewe groot bolle en verf olyfolie aan elke porsie. Bedek die deegbolle met kleefplastiek of ’n lappie en laat dit vir 10 minute rys.
2 Rol die deegbolle lekker dun uit – gebruik sommer ’n wynbottel as rolstok. Die olie sal keer dat die broodjies vassit.
3 Verhit die pan of “flat top” tot lekker warm en braai die broodjies met ’n bietjie ekstra olie tot dit mooi goudbruin is aan albei kante (hoogstens ’n paar minute aan elke kant). Verf dadelik knoffelbotter aan en stapel die platbrood op mekaar tot almal reg is.