book-icon Uitgawe Junie-Julie 2022

RESEP | Madraspotjie met bief en groente

akkreditasie
Curry and spice shoot for Weg and Go magazine. April 2022. Picture: Shelley Christians. shelleychristians@gmail.com
Curry and spice shoot for Weg and Go magazine. April 2022. Picture: Shelley Christians. shelleychristians@gmail.com

1 Verhit die olie in ’n groot kastrol (of swartpot oor die kole) en braai die vleis in sarsies tot goed verbruin. Hierdie stap is baie belangrik; vat jou tyd. Sodra al die vleis verbruin is, kan jy dit uitskep en met sout en peper geur. Vul die olie in die potjie aan indien nodig en braai die ui, wortel en seldery stadig saam tot die groente ligbruin van kleur is. Roer die knoffel, tamatiepasta en heel speserye by die pot en braai vir nog ’n paar minute saam. Roer die kerriepoeier deur, plaas die vleis terug en smoor vir nog ’n paar minute. Hou die hitte goed dop en maak seker die pot skroei nie.

2 Roer die tamatie en 1 tamatieblik water by, sit die deksel op en laat die pot vir sowat 2 ure (of tot die vleis begin sag word) oor ’n lae hitte prut. Loer so af en toe en voeg ’n bietjie kookwater by indien nodig. Die vleis moet net-net bedek bly.

3 Pak die aartappels bo-op die vleis in die potjie, gevolg deur die sampioene en daarna die boontjies. Maak seker die aartappels is toe onder vloeistof, anders gaan hulle nie sag kook nie. Sit die deksel op en laat prut vir nog sowat 1 uur of tot die vleis en groente doeksag is.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan