book-icon Uitgawe Junie-Julie 2022

RESEP | Mosselpotjie met ’n Thaise geur

akkreditasie

1 Verhit die olie en botter saam in ’n groot kastrol en braai die ui tot sag en goudbruin. Roer die knoffel en groenkerriesmeer by en braai dit vir ’n halwe minuut tot geurig. Skink die bier in die pot en verhit alles saam tot kookpunt.

2 Gooi die mossels by en prut dit vir ’n paar minute in die geurige vloeistof. Onthou, as jy bevrore mossels gebruik, is hulle reeds geblansjeer en jy hoef hulle glad nie lank gaar te maak nie.

3 Roer die klappermelk, lemmetjiesap en vissous by en verhit die pot tot deurwarm. Geur dit na smaak met sout en peper en sit die potjie stomend warm voor met rys of brood en ’n strooisel vars rissie. As jy ’n lekker hand vol vars koljanderblare byderhand het, is dit ook lekker.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan