book-icon Uitgawe Junie-Julie 2022

RESEP | Oondgebakte hoenderkerrie

akkreditasie
Curry and spice shoot for Weg and Go magazine. April 2022. Picture: Shelley Christians. shelleychristians@gmail.com
Curry and spice shoot for Weg and Go magazine. April 2022. Picture: Shelley Christians. shelleychristians@gmail.com

1 Gebruik ’n skerp mes en maak twee diep insnydings in elke stuk hoender – dit help dat die geure beter intrek. Meng nou die tamatiepasta, masala, knoffel, gemmer, suurlemoensap, sout en lourierblaar by die jogurt en meng deur die hoender. Maak seker jy vryf die marinade by al die insnydings in. Laat die hoender vir minstens ’n uur (of verkieslik oornag) in die yskas marineer.

2 Voorverhit die oond. Meng die groente met die olyfolie, sout, peper en vinkelsaad en versprei in ’n enkellaag op ’n bakplaat. Meng die tamatie, room en brandrissie saam in ’n tweede oondvaste bak. Skep die hoender met marinade en al bo-op die sous en versprei die stukke eweredig. Bak nou albei die hoender- en groenteskottels tegelyk as jou oond dit toelaat. Die groente neem gewoonlik sowat 30-40 minute tot dit gaar en sag is, en die hoender 1 uur. (Hou maar dop, want die gaarmaaktyd gaan afhang van die grootte van die hoenderstukke.)

3 Skep die gaar groente by die hoender en sous, strooi die neute oor en sit dit voor met rys en roti’s. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan