1 Verhit die olie in ’n swartpot. Rol die hoender in die meel, geur dit behoorlik met sout en peper en braai dit dan in die warm olie tot goudbruin. Skep die hoender uit, maar behou die olie. Braai nou die spek, ui, seldery en wortel saam.
2 Skep die hoender terug in die pot saam met die knoffel, aartappeltjies en aftreksel. Sit die deksel op en prut die pot rustig vir 45 minute.
3 Roer die ertjies by en kook die potjie oop tot die sous dik genoeg is na jou smaak en die aartappeltjies sag.