1 Rol die brooddeeg uit tot ongeveer 1 cm dik – gebruik sommer ’n wynbottel as ’n rolstok. Gebruik ’n bietjie olie of ’n strooisel meel om te keer dat die deeg aan die werkoppervlak vassit en skeur wanneer jy dit probeer vorm.
2 Sprinkel die mieliepitte, kaas en rooipeper oor die oppervlak van die deeg en rol dit op in ’n stywe spiraal. Sny die deegrol in 3 gelyke dele.
3 Knyp die punte van elk van die drie brode toe en druk hulle effens plat. Laat dit weer vir ’n paar minute rys.