1 Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui en wortel saam tot dit mooi glansend is. Roer die knoffel en patatblokkies by en braai die mengsel vir nog ’n paar minute saam tot geurig.
2 Roer al die aftreksel en speserye by en prut die sop tot die groente sag is – ongeveer 30 minute.
3 Pols die sop met ’n staafmenger glad. As jy nie een het nie, maak dit met ’n aartappeldrukker so fyn as wat jy kan.