book-icon Uitgawe April-Mei 2022

RESEP | Romerige roereier

akkreditasie

1 Verhit ’n swaarboompan oor matige hitte en smelt 1 eetlepel botter daarin. Breek die eiers in die  pan en vou die eiers versigtig om soos wat jy dit stadig in die botter braai.

2 Voeg ná ’n minuut se braai nog ’n eetlepel botter by en hou aan oorvou. Sodra die eiers romerig en goed gemeng voorkom, kan jy dit van die hitte verwyder. Die oorblywende hitte in die pan sal dit aanhou kook en jy wil dit beslis nie droog en korrelrig hê nie.

3 Geur die eiers nou met die sout, swartpeper en grasuie, en vou die salm daarby in. Skeur of kap die salm kleiner soos nodig. Skep dit op warm croissants, met ’n lepeltjie crème fraîche en ekstra linte salm. Sit dadelik voor.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan