1. Smelt die botter en olyfolie saam in ’n swartpot en braai die vark, wortel, seldery en uitjies mooi bruin. Skep dit uit en hou dit eenkant, maar behou die olie in die pot.
2. Rol die hoender in die meel en braai dit goed bruin. Skep die groente terug in die pot en gooi die rooiwyn by. Kook dit oor hoë hitte totdat die vloeistof met die helfte afgekook het. Roer nou die hoenderaftreksel, tiemie en lourierblare by en verhit dit weer tot kookpunt. Draai die hitte laer en laat dit prut vir 1 uur – sonder ’n deksel – totdat die hoender geurig en gaar en die sous lekker dik is.
3. Smelt ’n lekker stewige klont botter in ’n ander kastrolletjie en braai die sampioene tot goudbruin. Skep die gaar sampioene by die hoenderpot en geur dit na smaak met sout en peper. Sit dit voor met Franse brood om daai lekker sousie mee op te vee.